Ons Fasiliteite


Hoofkamp

Dames/dogters – Twee blokke met vier slaapvertrekke elk. Elke slaapvertrek kan 10 persone huisves (5 stapelbeddens) = 80 beddens.

Mans/seuns – Een blok met vier slaapvertrekke wat elk 10 persone huisves (5 stapelbeddens) en drie slaapvertrekke agter die saal, twee wat elk 10 persone huisves (5 stapelbeddens) en een wat 12 persone huisves (6 stapelbeddens) = 72 beddens.

Personeel – 'n Afsonderlike blok met eie badkamergeriewe is beskikbaar. Een blok met vier slaapvertrekke wat elk toegerus is met 1 dubbelbed en 1 stapelbed (slaap 4). Elke kamer beskik oor sy eie stort, toilet en wasbak = 16 beddens.

Addisioneel – By die saal: ’n Personeelkamer met dubbelbed en 1 stapelbed (slaap 4) met eie badkamer, twee enkelkamers wat elk slegs 1 stapelbed in het (slaap 2), en een vertrek wat as kantoor/ konferensiekamer of slaapvertrek gebruik kan word (slaap 4) = 12 beddens.

Wat u self moet saambring:

Opwasseep, toiletpapier, asbliksakke, eetgerei, beddegoed en hout of houtskool.

Vir kampe minder as 30 persone:

Die eerste fase van die bouprojek vir kleiner kampgroepe is voltooi. Hierdie fasiliteit bestaan uit twee groter kamers met eie badkamerfasiliteite vir agt persone elk (slaap 16). In dieselfde kompleks sal ses dubbelkamers (met eie badkamers) gebou word, en beskik reeds oor ‘n eie kombuis en lapa. Dit sal kampgroepe van 20-30 persone kan huisves. Ideaal vir Belydeniskampe of kleiner skole se Leierskampe.

Kombuis

Die kombuis is volledig toegerus met die nodige kombuistoerusting, spens, elektriese stoof met vyf plate en oond, yskaste, vrieskas en koelkamer. Die kombuis loop uit op 'n groot kuierstoep met eettafels en bankies. Vir die kombuisinventaris, klik op die bladsy aan die regterkant om 'n vergroting of 'n uitdruk te maak.

Saal

Toegerus met muurproppe. Daar is 140 stoele, 13 staaltafels en 'n kateder sowel as 'n truprojektor en -klanktoerusting.

Lapa en Swembad

Langs die swembad is ‘n pragtige lapa wat sowat 80 mense kan akkommodeer.

Karavaanstaanplekke

Daar is ‘n hele aantal karavaanstaanplekke wat met kragproppe toegerus is.